60ste Oscar-toekenningsaand

  60ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 11 April 1988
Plek Shrine Auditorium,
Los Angeles
Aanbieder Chevy Chase
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Last Emperor
Meeste pryse  The Last Emperor (9)
Meeste benoemings  The Last Emperor (9)

Die 60ste Oscar-toekenningsaand is op 11 April 1988 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1987. Die aanbieder was Chevy Chase.

Die Skrywersgilde van Amerika se staking, wat op 7 Maart begin het, is ’n paar keer tydens die seremonie genoem, soos toe Chase gesê het sy "hele monoloog is goedgunstig geskenk deur vyf vragmotorbestuurders".[1]

Die seremonie is oorheers deur die prente The Last Emperor, wat al nege sy benoemings gewen het, en Moonstruck, wat ses benoemings gekry en drie Oscars gewen het. The Last Emperor het die rekord van Gigi van 1959 geëwenaar van die meeste benoemings waarvan almal gewen is. Dit was ook die eerste prent ná Gigi wat die Oscar vir beste prent gewen het sonder om enige benoemings vir toneelspel te kry.

  1. Last Emperor Reigns Over Oscar Ceremonies, Chicago Tribune

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy